Beskou die keiser jou as n boer

Deur HA Coetzee GR(SA) H Dip Belastingreg MCom DCompt voormalige hoogleraar by RAU

Synopsis
The Receiver of Revenue has tried unsuccessfully to add an objective factor to the interpretation of a farmer for the purposes of the Income Tax Act (the Act). His reasoning was that farming like any other venture must have a prospect of realising a profit. Over the past seventy years though our courts have consistently ruled that the test whether a person is a farmer for the purposes of the Act is a subjective one. In the latest decision in the High Court of Appeals it was held that in order to qualify as a farmer a person is only required to show that he possesses at the relevant time a genuine intention to carry on farming operations profitably. All considerations which bear on that question including the prospect of making a profit will contribute to the answer none of itself being decisive.
This latest decision seems to be the reason for current legislation debarring part-time farmers from claiming farming losses as a deduction against their other income in the determination of taxable income. The new legislation will be discussed in a following article.

n Boer is myns insiens alewig n optimus omrede hy al sy energie inspan om nie eers van sy finansiele belegging te praat nie om n wins op sy plaas te maak ten spyte van weersomstandighede wat buite sy beheer is om te kan bepaal. Byvoorbeeld ren dit gladnie sal die saaiboer groot geldelike verliese ly maar hy sal die volgende seisoen weer probeer met die hoop in sy hart dat dit dan sal reen

Die Inkomstebelastingwet (Hoofwet) bevat spesiale bepalings ten opsigte van boerdery aktiwiteite. Die eerste belangrike kwessie is of die persoon wat sulke aktiwiteite beoefen wel vir die doeleindes van die Inkomstebelastingwet n boer is.

Belasting hofsake
Die boer het belasting voordele byvoorbeeld hy mag die koste van kapitale verbeterings teen boerdery winste by die bepaling van sy belasbare inkomste afskryf. Oor die jare het persone plase gekoop om op te boer maar in sekere gevalle het sommige van hulle nie waarlik hulle harte in boerdery gehad nie maar dit eerder as n stokperdtjie beskou of om die plaas as n ontspanningsplek vir die familie te gebruik. Sulke persone het gewoonlik ander inkomste soos byvoorbeeld vanuit n winsgewende besigheid op n nabye dorp en is dus nie noodwendig afhanklik van inkomste uit boerdery nie hulle word partymaal as deeltydse boere na verwys. Die voordeel om boerdery verliese teen ander inkomste soos byvoorbeeld die wins van n professionele praktyk by die bepaling van belasbare inkomste af te mag skryf maak dit baie aantreklik vanuit n belastingoogpunt gesien om n deeltydse boer te wees.

Kwalifikasie om n boer te wees
Die Hoofwet bevat nie n omskrywing van n boer nie dit was aan die howe oorgelaat om te vertolk. Dit word in die Hoofwet bepaal(i) dat die belasbare inkomste van iemand wat veeboerdery landbou of ander boerdery beoefen word vir sover dit uit so n boerdery verkry word met inagneming van die bepalings van die Eerste Bylae ooreenkomstig die bepalings van hierdie Wet bepaal.
In 1931 reeds het die Ontvanger gepoog om verliese wat deeltydse boere ly nie as aftrekking teen hulle ander inkomste toe te laat nie. In die saak gedurende daardie jaar(ii) het n skool onderwyser n klein plasie gekoop waarop hy mielies en verskeie groentes geplant het. Hy het ook van die produkte self gebruik. Op die feite van die saak het die hof beslis dat dat hy wel n boer was en alhoewel boerdery nie sy hoof bedrywigheid was nie dat hy geregtig was om die boerdey verliese teen sy ander inkomste sy salaris by die bepaling van sy belasbare inkomste af te skryf.
In September 2002 het die Hooggeregshof weereens die kwessie van die vertolking van n boer vir die doeleindes van die Hoofwet aangehoor. In daardie saak(iii) was n mediese praktisyn die belastingbetaler wat deeltyds geboer het. Die belastingbetaler het twee plase gekoop en verkoop en hy het betoog dat hy op albei plase geboer het.
Die dokter het n plaas in Steytlerville gekoop met die bedoeling om op n deeltydse basis naweke met Angora bokke te boer. n Paar jaar daarna het hy egter van plan verander en wou toe n wildsboer word. Dit sou hom ongeveer agt jaar neem om die plaas vir daardie doeleindes te verbeter. Hy het egter bevind dat die grond nie geskik was nie en weens gesondheids probleme het hy die plaas verkoop. Net n paar weke na die verkoop van daardie plaas het hy die tweede plaas wat reeds wild op gehad het op Jansenville aangekoop. Hy het springbokke aangekoop asook die paaie en damme verbeter. Weens n dispuut met n buurman het hy toe besluit om ook hiedie plaas te verkoop.
Die Ontvanger het die boerderyverliese wat die belastingbetaler as aftrekking teen sy ander inkomste by die bepaling van sy belasbare inkomste geis het nie toegelaat nie aangesien boerdery net soos enige ander onderneming n moontlikheid van winsgewendheid moet toon en in die geval nie moontlik blyk nie(iv).

Beslissing
Die Hooggeregshof in bogenoemde saak het beslis dat n persoon wat die aktiwiteite van n boer beoefen moet kan bewys dat hy gedurende die betrokke tydperk n ware bedoeling gehad het om boerdery aktiwiteite winsgewend te beoefen. Alle oorwegings in verband met die kwessie insluitend die vooruitsig om n wins te maak sonder dat enige spesifieke objektiewe faktor deurslaggewend is sal aandui of die persoon werklik n boer vir die doeleindes van die Inkomstebelastingwet is.

Gevolgtrekking
Vir die afgelope sewentig jaar poog die Ontvanger tevergeefs om n objektiewe toets in te voeg by die vertolking van wie n boer vir die doeleindes van die Hoofwet is. Ons howe het tot dusver beslis dat die toets om te bepaal of n persoon n boer is vir die doeleindes van die Hoofwet hoofsaaklik n subjektiewe toets is wat was die bedoeling van die betrokke persoon. Die redelike vooruitsig om n wins te maak is maar een faktor wat die hof in ag sal neem om te bepaal of n persoon werkliken boer vir die doeleindes van die Hoofwet is. In bogenoemde saak het die hof met goedkeuring na n ander saak verwys(v) wat die kwessie soos volg opgesom het Maar die bedoeling om n wins te maak uit daardie bedrywighede moet n egte bedoeling wees. Omdat bedoeling altyd subjektief is is dit moeilik om te bepaal of dit eg is of nie. Dit kan slegs aan die hand van die objektiewe feite bepaal word. Die persoon se ipse dixit kan nie deurslaggewend wees nie. Indien sy bedrywighede geensins versoenbaar is met sy getuienis nie kan sy getuienis nie aanvaar word nie. Indien dit deur die objektiewe feite gestaaf word word sy bedoeling as eg beskou. In daardie verband is die aard omvang en beheer van sy bedrywighede belangrik.
Myns insiens het die Ontvanger tou opgegooi en die uitspraak in hierdie saak blyk die rede te wees vir huidige wetgewing wat bepaal dat deeltydse boere nie meer by die bepaling van hul belasbare inkomste boerdery verliese teen ander inkomste as n aftrekking mag eis nie. Tot die 2002 belastingjaar was sulke aftrekkings nog moontlik. Die nuwe wetgewing word in n opvolg artikel bespreek.

(i) Artikel 26 van die Inkomstebelastingwet
(ii) IBS 2086 SATC 55
(iii) SAID v Smith 65 SATC 6
(iv) Supra op bladsy 6
(v) Southwood R in 61 IBS 23 op bladsy 28