Predikante, hul eggenote, die Keiser en belasting

Predikante, hul eggenote, die Keiser en belasting

Wie kon weet dat predikante die welbekende spreuk om aan die Keiser belasting te gee wat hom toekom, in die praktyk sukesvol toepas?

Daar is ‘n gevestigde beginsel in belastingreg dat ‘n persoon sy eie sake so kan rel dat hy die minste belasting betaal. Bygese, die beplanning moet binne die raamwerk van die Inkomstebelastingwet wees.

Twee sake wat voor die Spesiaal saamgestelde Raad verskyn het, het gegaan oor predikante wat hul salarisse herstruktureer het. Albei van hulle het n gedeelte van hul salarrisse aan hul eggenote betaal om sodoende gesamentlik minder belasting te betaal. Die een predikant was nie so goed as die ander geadviseer nie en gevolglik het net een van hulle in die stryd met die Ontvanger gesevier.

 

Bedoeling tussen predikant en kerk

Die bedoeling van strukturering van n salarispakket vir ‘n predikant is nog altyd om te verseker dat optimale voordele wat die Inkomstebelastingwet bied, benut word. Sedert die invoeging van die Sewende Bylae in die Inkomstebelastingwet is dit normale sakebeleid van alle werkgewers, insluitende kerke, om kontant salarisse sowel as byvoordele aan n werknemer ten opsigte van dienste gelewer te betaal.

Na my mening mag ‘n predikant en ‘n kerk hul diensooreenkoms wysig om sodoende die salarispakket belasting effektief, binne die raamwerk van die Inkomstebelastingwet, te maak. So ‘n ooreenkoms word normaalweg by die berekening van salarispakkette aangegaan. Ook skep so n ooreenkoms nie regte of verpligtings wat nie normaalweg tussen persone wat by n transaksie, handeling of skema van die aard van ‘n salarisherstrukturering die uiterste voorwaardes beding, geskep sou word nie.

Ons belastinghowe stem met hierdie siening saam: Byvoorbeeld, in n vroer beslissing het die hof tot die volgende gevolgtrekking gekom Waar daar twee maniere is om n doelwit wettiglik te bereik, een waarvan belasting sal lok en die ander wat sal veroorsaak dat geen of minder belasting betaal sal word, is daar geen rede waarom laasgenoede roete nie gevolg moet word nie, op voorwaarde dat, vanuit ‘n sake- en regsoogpunt beskou, die gekose roete bona fide en werklik is.

Salaris

Die een predikant het n baie los reling met sy gade gehad. Hul verstandhouding was dat hy haar iets in die hand sal gee. Gevolglik het hy die bedrae wat so aan haar gegee is as aftrekking by die berekening van sy belasbare inkomste geis. Die predikant kon nie bewys dat sy gade in sy diens was nie. Ingevolge belastingreg moet die persoon wie n salaris ontvang of aan wie ‘n salaris toeval, belasting daarop betaal. Die aanwending van n salaris nadat dit toegeval het of ontvang is kwalifiseer nie gewoonlik as ‘n aftrekking nie. Die Raad het bevind dat die hele salaris dus in die hande van die predikant belas moet word.

Die ander predikant het sy sake anders gerel. ‘n Ouderling het namens die predikante getuines in die hof afgel. Volgens die ouderling was al meer druk op die predikant geplaas om sy gemeente behoorlik te bedien. Die kerk besluit toe om van die predikant se pligte aan sy eggenote oor te dra. Die kerk het die egenote amptlik in diens geneem en sekere pligte wat voorheen deur haar man uitgevoer is, formeel aan haar oorgedra. Omrede daar nie genoegsame fondse beskikbaar was nie is die predikant se salaris verminder. Die eggenote was ook behoorlik as belastingbetaler by die Ontvanger geregistreer. So het hierdie predikant sy sake gerel.

Die Ontvanger het die feit dat die gade van die predikant ‘n salaris vanaf die kerk verdien, nie teengestaan nie. Teen die getuines gelewer het die Raad bevind dat die gedeelte van die predikant se salaris onder bespreking wel aan die gade toegeval het. Die predikant het sy saak gewen.

Die les is duidelik Beplan jou salaris voordat die verandering in werking tree. Sorg dat die plan, vanuit ‘n sake- sowel as regsoogpunt, bona fide en werklik is. En onthou – die bewyslas berus op die belastingbetaler en nie die Onvanger nie.

Maar dit is nie die einde nie! Die een predikant het verder gegaan en selfs slytasie op meubels in die pastorie as aftrekking by die berekening van sy belasbare inkomste geis. Kortliks gestel, slytasie kan op alle roerende bates wat gebruik word om n bedryf te beoefen as aftrekking geis word.

Die predikant het self getuig dat ‘n lys van meubels onderskeidelik in sy wagkamer, studeeerkamer, sitkamer en eetkamer gebruik word. Die wagkamer word hoofsaaklik gebruik deur gemeentelede. Sy studeerkamer is klein en wanneer hy in die studeerkamer besig is, dan moet lidmate in die wagkamer wag vir hul afspraak tot tyd en wyl hy hulle in die studeerkamer kan ontvang. Alhoewel sy gesin ook die meubels gebruik wat in die sitkamer, eetkamer en wagkamer is, word dit hoofsaaklik deur lidmate gebruik. Hy en sy gesin, het hy verder getuig, vertoef in die sitkamer gedurende hul vrye tyd waar televisie dan ook gekyk word. Hulle as gesin eet normaalweg in die kombuis.

Die predikant was gedeeltelik suksesvol met sy eis. Die Raad het die aftrekking van slytasie toegestaan maar in die geval van die eis ten opsigte van die wagkamer, sitkamer en eetkamer is alleenlik 50% daarvan as aftrekking toegelaat. Die rede is dat die meubels in die drie vertrekke ook vir private doeleides gebruik was.

Ook hier is n les Gee aan die Keiser nie meer as wat hom toekom nie.